Louzanne is die wêreldrekordhouer!

Louzanne is die wêreldrekordhouer!Louzanne en haar afrigter, Rufus Botha. Foto: Netwerk24

Die 22-­jarige blinde atleet van die Rosestad, Louzanne Coetzee, is nou amptelik die wêreldrekordhouer in die 5000 m vir vroulike atlete met liggaamlike gestremdhede.

Coetzee, wat op die nasionale kampioenskap vir liggaamlik gestremdes hier in die Rosestad die eerste vrou geword het om die afstand in minder as 20 minute kaf te draf, se naam en tyd van 19 minute 17.60 sekondes pryk nou in die rekordboeke.

Coetzee het onlangs op die Vrystaat-­kampioenskap dieselfde vermag, maar omdat dit nie ‘n goedkeurende byeenkoms was nie, was die wêreldrekord nie amptelik op haar kerfstok nie.

Netwerk24 berig Coetzee het ook vroeer vandeesweek die Afrika-­rekord in die 1500m verpletter.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This