Lughawe-rower doodgeskiet tydens jaagtog, skietgeveg met polisie

Lughawe-rower doodgeskiet tydens jaagtog, skietgeveg met polisie

‘n Vermeende lughawe-­rower is gisteraand doodgeskiet en nog een swaar gewond tydens ’n jaagtog en skietgeveg met die polisie in Isando aan die Oos-Rand.

Twee van hulle makkers het egter weggekom.

Nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Vishnu Naidoo, sê dit het gevolg nadat die polisie inligting ontvang het dat rowers besig was om mense van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe te agtervolg met die doel om hulle te beroof.

Hy sê die BMW waarmee die verdagtes gery het, is voorheen gekaap en die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This