“LUR het agenda van sy eie teen Afrikaanse skole”

Die Vryheidsfront Plus sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga se antwoorde op parlementêre vrae het opnuut getoon dat Gauteng se LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, ‘n agenda van sy eie dryf teen Afrikaanse
skole.

Die voorsitter van die party, Anton Alberts sê die minister se antwoorde het
weer bevestig dat Afrikaanse skole niks te vrees het nie, solank die skole vol is.

Hy sê ook dit verskil van Lesufi se dreigemente dat selfs vol skole plek sal moet maak vir anderstalige leerlinge.

Alberts het in ‘n verklaring gesê die VF Plus stem saam dat ‘n gebrek aan onderwys-infrastruktuur ‘n groot probleem is.

Sy moet daarom toesien dat skole gebou word wat alle tale akkommodeer.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This