Ma van vermoorde vrou bevestig dat die gesin die moordenaar in die saak ken

Die ma van ʼn jong vrou van Kuilsrivier in Kaapstad, wie se liggaam Maandag op ʼn plaas by Wellington in die Boland gevind is, het bevestig dat die man wat in verband met die moord op Chantelle Matthyssen in hegtenis geneem is, ʼn werksgeleentheid vir haar sou reël.

Die 21-jarige is laas opgemerk toe sy haar huis op 23 Junie verlaat het om Wellington toe te gaan.

Haar ma, Carol Peterson sê hulle is sedert 2016 bevriend met die 47-jarige verdagte wat vandag in die hof verskyn.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This