‘MAAK PLAASMOORD-STATISTIEK BEKEND’ – AFRIFORUM

'MAAK PLAASMOORD-STATISTIEK BEKEND' - AFRIFORUM

Die burgerregte-organisasie AfriForum konsulteer met sy regspan oor die moontlikheid om die polisie deur middel van ‘n hofgeding te dwing om sy plaasmoord-statistiek bekend te maak.

Lorraine Claasen, navorser aan AfriForum, het aan Netwerk24 gesê die doel hiervan is om AfriForum in staat te stel om plaasmoord-neigings vas te stel.

Volgens Claasen sal dit presies aandui waar dit die meeste voorkom en of polisiekantore in daardie gebiede behoorlik beman en toegerus is om dit doeltreffend te beveg.

Volgens Claasen wil AfriForum ook bepaal hoe doeltreffend buurtwagte daar is sodat hulle iets aan die omstandighede kan doen.

AfriForum stig binnekort ook ’n eenheid wat plaasmoord- en aanvalslagoffers sal bystaan.

 

 

 

 

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "‘MAAK PLAASMOORD-STATISTIEK BEKEND’ – AFRIFORUM"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This