Maatskappy wil na olie, gas soek aan voet van Drakensberg

Maatskappy wil na olie, gas soek aan voet van Drakensberg

Die eksplorasie-­maatskappy Sungu Sungu Gas, wil na olie en gas op 565 000 hektaar, oftewel die grootte van sowat 1,3 miljoen rugbyvelde, aan die voet van die Drakensberg in KwaZulu-­Natal soek.

Volgens Zizo Siwendu, konsultant van Environmental Impact Management Services, is Sungu Sungu van plan om ’n omgewingsimpakstudie te doen vir die gebied suid van Memel, noord van Winterton, oos van Swinburne en wes van Watersmeet.

Sungu Sungu se aansoek kom kort nadat Rhino Oil and Gas SA ook aansoek by die Petroleumagentskap van Suid­Afrika (Pasa) gedoen het om op 10 000 plase in die provinsie vir olie, gas en helium te prospekteer.

Dié gebied (sowat 1,5 miljoen ha) in KwaZulu-­Natal is direk oos van dié van Sungu Sungu Gas geleë.

Daar is ook aansoeke om prospektering in die Noord­-Vrystaat en dele van Mpumalanga.

Sungu Sungu Gas sê in sy agtergronddokument hy wil ook in die Vrystaat, die Noord-­Kaap en Noordwes prospekteer.

Die totale gebied in sy visier is 100 000 vierkante kilometer.

Nikki Brighton van die gemeenskapsorganisasie FrackFreeSA sê daar is reeds begin met ’n versoekskrif waarin Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, gevra word om ’n moratorium te plaas op alle aansoeke om hidrobreking in die land.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Maatskappy wil na olie, gas soek aan voet van Drakensberg"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This