Magashule gaan nie voortydig uit sy pos bedank nie

Magashule steun die Zuma-skommeling

Die Vrystaatse premier en nuwe sekretaris-generaal van die ANC, Ace
Magashule, sal tot einde Maart nog amptelik premier wees en gaan nie voortydig uit sy pos bedank nie.

Netwerk24 berig ondanks die Valke se klopjag Vrydag op sy kantoor in Bloemfontein, sê Tiisetso Makhele, sy woordvoerder, sal Magashule sy
termyn uitdien.

Dit is in skrille kontras met die woorde van Mmusi Maimane, DA-leier, wat Sondag gesê het die DA gaan ’n mosie van wantroue in Magashule
instel.

Die klopjag hou verband met die omstrede Vrede-suiwelplaasprojek en sowat R220 miljoen wat na bewering na maatskappye met Gupta-bande gekanaliseer is.

Volgens Maimane het Magashule nie net van die begin van die projek geweet nie, hy was aktief daarby betrokke.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé