Magashule het mede-senior partylede oor die kole gehaal

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, het mede-senior partylede
oor die kole gehaal wat gedenkdienste van veterane misbruik om onenigheid in die regerende party te saai.

Magashule het by ‘n gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Winnie Madikizela- Mandela in Soweto gepraat.

Dit volg op bewerings verlede week deur die voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel, in Kaapstad waar hy Magashule van sameswering beskuldig het in die misbruik van staatsgeld wat toegewys is aan Madikizela-Mandela se huis op Brandfort in die Vrystaat.

Magashule het, sonder om name te noem, uitgevaar teen diegene wat openbare forums mibruik om sy leierskap en morele outoriteit te bevraagteken.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This