Magashule kry geld, maar steeds geen hulp aan boere

Vrystaat LUR vir Finanies, Elzabe Rockman

Geen geld is beskikbaar gestel vir droogtehulp deur die Vrystaatse regering in die provinsie se bergroting vir die komende finansiële jaar nie.

Daarteenoor het die Vrystaatse LUR vir Finansies, Elzabe Rockman meer as R 300 miljoen vir dieselfde tydperk aan die kantoor van die Vrystaatse premier toegeken.

Die provinsie sal ook in die komende drie jaar meer as R 1 miljard verloor aan sy gedeelte van die gelyke bedeling deur die nasionale tesourie weens die regering se maatreëls om regeringsbesteding te beperk.

Rosestad 100.6 Tuis in Afrikaans 3Rockman het wel ‘n 7,8 persent verhoging aan maatskaplike toelaes aan nie-regeringsorganisasies (NGO’s) aangekondig.

Die DA se wetgewerlid, David van Vuuren sê die harde realiteit vir die Vrystaatse regering is dat die regering nou meer sal moet doen met minder hulpbronne tot sy beskikking.

Die DA bevraagteken ook die gebrek aan hulp aan boere in die droogtetye, terwyl die premier, Ace Magashule se departement volgens Van Vuuren nie dienste aan die provinsie lewer nie.

Luister Potgooi klankgreep:

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This