Maimane het die besluit van sy party verdedig

Maimane het die besluit van sy party verdedig

Die DA-leier, Mmusi Maimane het die besluit van sy party se afgelope federale kongres verdedig om byna uitsluitlik mans in leierskapsposte te kies.

Die DA word ook gekritiseer omdat die leiers nie die land se demografie weerspieël nie.

Hy sê in die provinsies is daar verskeie vroue wat leierskapsposisies beklee.

Maimane sê hy is ten gunste daarvan om vroue in alle strukture te hê en het verwys na die party se vroue-burgemeesters.

Hy sê hy kan egter nie waarborg dat die helfte van die bestuur vroue sal wees nie.

Refeloe Ntseke is as een van die party se adjunkvoorsitters by die kongres verkies.

Ntseke sê dit raak haar nie dat sy die enigste vrou is nie en dat sy die beleid van die amptelike opposisie bevorder.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This