Man (40) in hof vir sy vrou se moord

Aansoek van die rol geskrap

`n 40-jarige man het in die landdroshof op Fauresmith verskyn in verband
met die moord op sy 30-jarige vrou.

Piet Booysen is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vrou, Magdalena Rols, op pad huistoe na `n drinkparty op `n nabygeleë plaas herhaaldelik met `n klip teen die kop doodgeslaan het.

Booysen is in 2010 ook skuldig bevind vir aanranding met opset om ernstig te beseer.

Hy is nie borgtog toegestaan nie, en die saak is uitgestel tot 14 November.

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This