Man aangekla van moord op sy vrou vir versekeringsgeld

Man aangekla van moord op sy vrou vir versekeringsgeld

‘n Man wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou vir versekeringsgeld
vermoor het, sal weer vandag in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn.

George Barkhuizen het na bewering gereël dat sy vrou Odette vermoor word nadat hy drie lewensversekeringspolisse uitgeneem en haar handtekening vervals het.

Sy is in Junie 2015 naby haar werk in Moffat View doodgeskiet.

Die polisie het aanvanklik gedink dat dit ‘n mislukte kaping was.

Barkhuizen sê die staat het nie bewyse teen hom nie en hy hoef nie te getuig om sy onskuld te bewys nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé