Man voor oor moord nadat hy seun doodskiet

Man voor oor moord nadat hy seun doodskiet

‘n Man moet vandag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn nadat hy na
bewering sy seun doodgeskiet het toe hy hom vir ‘n misdadiger aangesien het.

Die polisie sê die man het in sy motor vir sy seun gewag nadat hy hom vir ekstra klas by die skool afgelaai het.

Die man het skynbaar aan die slaap geraak.

Toe die seun teruggekeer en aan die venster geklop het, het hy geskrik en op hom geskiet.

Die seun is onderweg na die hospitaal dood.

Dit volg kort na ‘n voorval vroeër die dag by die skool toe ‘n graad-12-meisie onderweg huis toe deur ‘n groep mans ontvoer en verkrag is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé