Mandela-maand: R82 miljoen vir 162 boorgate

Mandela-maand: R82 miljoen vir 162 boorgate

Sputnik Ratau, woordvoerder van die nasionale departement van water en sanitasie, sê die departement gaan 82 miljoen rand bestee om 162 boorgate te sink in ’n poging om water in die droogtegeteisterde Vrystaat beskikbaar te stel.

Voglens Ratau sal die departement die boorgate in die volgende drie boekjare sink en ook 123 bestaande boorgate teen meer as 60 miljoen rand verbeter.

Die projekte sluit die munisipale gebiede van Maluti­-A-­Phofung, Naledi, Ngwathe, Setsoto, Nketoana, asook die Mangaung-­metro, in.

Ratau het ook bevestig altesaam 67 nuwe boorgate gaan gesink word as simbool van die 67 minute van vrywillige werk wat van elke Suid­-Afrikaner in Mandela­-maand verwag word.

Volgens Ratau is dit nog nie seker presies waar die boorgate gesink gaan word nie, maar Netwerk24 berig dit sal wees waar die behoefte die grootste is.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This