Mangaug-metro se speaker sê administrasie-gerugte is onwaar

Erfbelasting-skok vir Bfn

Die speaker van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana, sê gerugte dat die
metro moontlik eersdaags onder administrasie geplaas gaan word is onwaar en net ‘n politieke set.

Netwerk24 berig Siyonzana het in ‘n verklaring die bewerings afgemaak as ’n politieke set om die munisipaliteit se pogings te ondermyn om ondanks beperkte hulpbronne, basiese dienste te lewer.

’n Afvaardiging van die nasionale tesourie besoek die metro in die eerste week van Mei voor die opstel van sy begroting.

Luidens bronne in die metro is een van die moontlike redes waarom Ernest Mohlahlo, die metro se finansiële hoof, pas bedank het, dat hy nie kans sien
om dan redes te moet gee hoekom die metro nié onder administrasie geplaas moet word nie.

Siyonzana hou egter vol die gerugte is onwaar.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé