Mangaung-metro bestempel DA se water-verklaring as ‘n leuen

Grootskaalse wateronderbrekings vir Bloemfontein

Die Mangaung-metro sê gerugte dat Bloemfontein se water weens wanbetaling deur Bloemwater afgesny sou word, is ‘n absolute leuen wat deur die DA as deel van ‘n politieke spel versprei is.

Die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, het in ‘n sterkbewoorde verklaring beklemtoon gerugte dat die watertoevoer afgesny gaan word, is onwaar en dat die metro sy betalingsooreenkoms met Bloemwater nakom soos wat tussen die twee partye ooreengekom is.

Die verklaring lê voorts klem daarop dat die gerugte “blou leuens” is wat versprei is om onstabiliteit in die metro deur die opposisieparty te bewerkstellig.

Die metro het opnuut inwoners versoek om nie gehoor te gee aan gerugte wat deur politieke partye as deel van ‘n politieke magstryd versprei word nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé