Mangaung-metro: R100 000 vir raadslid se begrafnis

Nuwe stadsbestuurder van Mangaung-metro

Die ANC-beheerde Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n uitgawe van R100 000 vir die begrafnis van een van sy raadslede toegeken.

Die Vryheidsfront Plus se metroraadslid, Devar Smith, sê die feit dat die uitgawe eers na die begrafnis vir raadsgoedkeuring ter tafel gelê is, dui
op die ANC se arrogansie en ‘n minagtende houding teenoor belastingbetalers en die diensleweringsnood in die munisipaliteit.

Smit sê die besluit is gedurende ‘n spesiale vergadering van die Metroraad wat na die begrafnis plaasgevind het deur die ANC deurgedruk.

Hy sê dat die Metro ten spyte van vele vermanings in die verlede steeds geen vaste begrafnisbeleid het nie en bestaan daar geen raamwerk wat die Metro se bydraes tot sy raadslede se begrafnisse bepaal en spesifiseer nie.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This