Matie vermoor: 2 mans kry lewenslange tronkstraf

Matie vermoor: 2 mans kry lewenslange tronkstrafCarl Schoombie. Foto: IOL

In die Hooggeregshof in Kaapstad is die twee mans wat skuldig bevind is vir die moord op die Matie-student, Carl Schoombie, in 2015, vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Regter Robert Henney het gesê die 40-jarige Brent Harry en die 37-jarige Juane Jacobs het geen berou getoon of verantwoordelikheid vir hul dade geneem nie.

Schoombie is gewelddadig aangerand toe ‘n Uber-taxi waarmee hy en drie van sy vriende ná ’n aand uit op pad huistoe was, voorgekeer is omdat hy glo moeilikheid gemaak het by ‘n nagklub in Claremont.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This