Meditas Spar beroof

Meditas Spar beroof

Die polisie in Bloemfontein is op soek na drie rowers wat Dinsdagaand op die
Meditas Spar in Universitas in die stad toegeslaan het.

Die gewapende rowers, een met ’n aanvalsgeweer gewapen, het net voor toemaaktyd toegeslaan.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê die mans het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Hulle het die winkel se personeel en klante ook van hul persoonlike besittings soos handsakke en selfone beroof.

Niemand is in die voorval beseer nie.

’n Klag van sakeroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This