Meer as 400 leeus vanjaar op plase in die Vrystaat vir hul bene geslag

Meer as 400 leeus vanjaar op plase in die Vrystaat vir hul bene geslag

Meer as 400 leeus is die afgelope jaar op Vrystaatse plase geslag sodat hulle
beendere na die oorsese mark uitgevoer kan word.

Netwerk24 berig dat daar verskeie leeuslagplase in die Vrystaat is waar leeus al vir die Oosterse leeubeenmark geslag is.

Dit volg op die onthulling dat nagenoeg 80 leeus op die Wag ’n Bietjie-leeuplaas by Glen, buite Bloemfontein, geslag is.

Volgens ingeligtes word ’n leeuslagplaas ook by Winburg bedryf.

Dit het tot gevolg dat daar nou gevra word dat ’n nasionale taakspan met lede van die Groen Skerpioene, die Nasionale Intelligensiediens, die polisie, natuurbewaringsamptenare, die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en private wildlewebeskermingsverenigings, al die aantygings ondersoek en die beweerde grootskaalse korrupsie in die bedryf ontbloot.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé