Metro vergader oor waterkrisis

Metro vergader oor waterkrisisFoto: Bloemnuus

Die Mangaung-metro het vanoggend om agtuur `n noodvergadering gehou om die waterkrisis in die stad te bespreek.

Geen terugvoer oor die vergadering is nog ontvang nie.

Intussen word daar verneem dat daar oornag water opgebou het in een
van die opgaardamme.

Die water is toe oorgepomp na die opgaardam wat water aan sekere noordelike dele voorsien.

Die beskadigde pyp is egter nog nie herstel nie en dat kan gebeur dat die water wat oorgepomp is, kan opraak voordat water na die ander opgaardamme gepomp kan word.

Inwoners word weereens ernstig gemaan om water uiters spaarsamig te gebruik.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This