Metro verkoop voertuie om skuld te betaal

Metro verkoop voertuie om skuld te betaal

Tien voertuie van die Mangaung-metro sal vandag onder die hamer kom om
weer uitstaande skuld aan diensverskaffers te help delg.

Netwerk24 berig onder die voertuie tel motors, bakkies en ’n sleepwaentjie.

Dit word verkwansel weens skuld aan Gobodo Forensic & Investigative Accounting wat nie betaal is nie.

Voorts sal ’n bakkie en ’n John Deere-trekker van die metro ook verkoop word vir skuld aan die Universiteit van die Vrystaat.

Andries Kruger, die balju, het die veiling bevestig, maar gesê hy kan nie meer besonderhede bekend maak nie.

Ernest Mohlahlo, finansiële hoof van die metro, sê hy is nie eens bewus van die voertuie wat opgeveil gaan word nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This