Minister beloof optrede oor myn-sterftes

Minister beloof optrede oor myn-sterftes

Die minister van Minerale Bronne, Gwede Mantashe, het streng optrede teen die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater beloof indien bevind word dat enige reëls oortree is.

Dit volg ná die dood van vier mynwerkers Maandag in sy Kloof-myn naby Westonaria in Gauteng. ʼn Vyfde mynwerker word steeds vermis.

Mantashe het die myn gisteraand besoek en met die mynwerkers en bestuur gepraat.

Hy sê die voorkoming van sterftes in die mynsektor is tans die grootste uitdaging vir die bedryf.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé