Minister Sisulu bekommerd oor die geweld in Gaza

Minister Sisulu bekommerd oor die geweld in Gaza

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Lindiwe Sisulu, sê die dodelike reaksie deur die Israelse weermag in Gaza is onaanvaarbaar.

Meer as 50 Palestyne is gedood in botsings met Israelse magte tydens betogings teen die VSA-ambassade se opening in Jerusalem.

Sisulu het vandag die media in Kaapstad voorgelig.

Sy sê die geweld in Gaza is ʼn struikelblok vir vrede in die Midde-Ooste.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes die regering se besluit ten sterkste veroordeel om sy ambassadeur, Sisa Ngombane, onmiddellik uit Israel te onttrek.

Die raad se Zev Krengel sê die besluit gee rede tot verontwaardiging.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This