Misdade teen vrouens en kinders geniet steeds voorkeur by die polisie

"Regering se droogtehulpprogram is nie rassisties nie" - Bheki Cele

Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê daar moet meer gedoen word om vroue en kinders in die land te beskerm.

Die minister het deelgeneem aan die handvastel-100Manne-opmars wat op die oomblik in Pretoria onderweg is.

Die opmars, wat deur die regering beplan is, is daarop gerig om ‘n bewustheid te kweek oor die voortdurende geweld teen vroue en kinders.

Cele sê misdade teen vroue en kinders geniet steeds voorkeur by die polisie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This