Mlamleli begin al meer teenkanting as burgemeester kry

Mangaung munisipaliteit gaan Huishoudelike Reisopname onderneem

Die burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli, begin al meer teenkanting van opposisie-partye oor haar leierskap kry.

Netwerk24 berig dat die DA te kenne gegee het dat hy ‘n beswaarskrif teen Mlamleli begin.

Dit volg nadat die EFF Maandag kennis gegee het van ’n mosie van wantroue wat hy teen haar wil instel.

Dave McKay, DA-raadslid, het die beswaarskrif opgestel wat nou oral op sosiale media beskikbaar is.

Daarin word gevra dat Mangaung se top munisipale amptenare ondersoek moet word.

Ondersteuning word ook gevra vir ’n DA-versoek dat Oupa Khoabane, die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), moet ingryp by die metro sodat dit gered kan word.

Baba Sebolao, hoofsweep van die EFF in Mangaung, sê hy het Maandag ’n brief van die party by die administrasie van die metro ingedien waarin daar kennis gegee word van die party se voorneme om ’n mosie van wantroue teen Mlamleli in te stel wat op ’n raadsvergadering ter tafel gelê moet word.

Volgens die EFF is daar ANC-lede wat ook die mosie steun.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This