“Mlamleli onkundig oor waterprobleme in Bfn” – Letuka

"Mlamleli onkundig oor waterprobleme in Bfn" - Letuka

Die DA sê die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en die ANC se burgemeesterskandidaat vir Mangaung, Olly Mlamleli, is onkundig oor die waterprobleme in Bloemfontein.

Mlamleli het onlangs glo gesê sy sal met die Nasionale Departement van Water en Sanitasie saamwerk om die konstruksie van die Gariep-­pyplyn na die Mangaung Metro-­munisipaliteit te bespoedig.

Die DA se burgemeesterskandidaat vir die komende munisipale verkiesing, James Letuka, sê dit sal jare neem om die Gariep-­pyplyn af te handel. Letuka sê die pypleiding sal ook nie probleem van waterlekkasies in die metro aanspreek nie, wat die afgelope drie finansiële jaar meer as 90 miljoen liter en R400 miljoen beloop het.

Letuka sê Mlamleli was, as LUR, deurgans bewus van die waterprobleme in die metro, en haar beloftes is niks anders as verkiesingsretoriek nie.

Verkiesing 2016

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "“Mlamleli onkundig oor waterprobleme in Bfn” – Letuka"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This