Mnangagwa het sy ontevredenheid uitgespreek

Mugabe vergader met veterane oor hul klagtes

Die Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa, het sy ontevredenheid
uitgespreek dat sy voorganger verbind word met ‘n nuwe politieke party, die
National Patriotic Front.

Mnangagwa het vir die eerste keer sedert hy die bewind oorgeneem het met ZANU-PF se jeugliga vergader.

Robert Mugabe word verbind met die NPF wat deur ‘n afgetrede brigadier, Ambrose Mutinhirin gestig is.

Hy het verlede week uit ZANU-PF en die parlement bedank omdat hy ontevrede is oor die manier waarop die Zimbabwiese weermag die regering oorgeneem het.

Mnangagwa het die jeugdiges gevra om op sosiale media ZANU-PF te verdedig.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This