“Moenie Afrikaans op brandstapel plaas nie” – Bailey

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê universiteite waar Afrikaans tans in die gedrang is, moenie toegee aan ideologiese druk nie en Afrikaans op die brandstapel plaas nie.

Afriforum berei tans regstappe voor om Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van die Vrystaat te red.

Dit volg nadat dit bekend geraak het dat die senaat van dié universiteit gister ten gunste van ’n nuut voorgestelde taalbeleid gestem het wat Afrikaans as onderrigtaal gaan uitfaseer.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die organisasie reeds twee keer die senaat en bestuur van die UV in regskrywes gewaarsku dat AfriForum tot regsaksie sal oorgaan om Afrikaanse studente se taalregte te beskerm indien daar met stappe voortgegaan sou word om Afrikaans as onderrigtaal aan dié universiteit uit te faseer.

Rosestad 100.6 Tuis in Afrikaans 3Bailey sê die senaat se besluit toon ’n gebrek aan leierskap en insig in die betekenis van taalregte soos in die Grondwet vergestalt.

“Dit blyk dat hulle eerder onder ideologiese druk swig as om standpunt in te neem en bewese beste praktyke soos meertaligheid en moedertaalonderrig te bevorder. ”

Luister potgooi:

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This