Moontlikheid vir reën min – verligting kom dalk eers in Januarie

Rosestad 100.6 Nuus Reën Kersfees

Geen groot reën word die komende paar dae vir die Vrystaat, Noord­Kaap en Noordwes voorspel nie, met verligting in dié droogtegeteisterde rampgebiede wat eers middel Januarie verwag word.

Tonie Rossouw, weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, het aan Netwerk24 bevestig net enkele buie sal in die noordoostelike dele van die Vrystaat en Noordwes uitsak en niks in die Noord­Kaap nie.

Die res van die Vrystaat en Noord­Kaap sal Donderdag baie warm en droog bly.

Hy sê op Kersdag en die res van die Kersnaweek sal dit effens koeler wees.

Volgens Rossouw behoort temperature oor die Kersnaweek in die Vrystaat tussen 34°C en 36°C wissel en in die Noord­Kaap sal dit effens warmer wees met temperature tussen 35°C en 38°C.

Daar word enkele buie vir die westelike dele van die Vrystaat op Oujaarsaand voorspel, maar volgens Rossouw gaan die reën min wees.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "Moontlikheid vir reën min – verligting kom dalk eers in Januarie"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This