Motsoeneng se appèl met koste van die hand gewys

Smit gaan hom na verwagting aan hof oorgee

Die Appèlhof het die SAUK se voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, se
appèl met koste van die hand gewys teen ʼn beslissing dat hyself vir die regskoste van die sogenaamde SAUK8-saak verantwoordelik is.

Die saak spruit voort uit Motsoeneng se verbod op die uitsaai van protesaksies wat gelei het tot die afdanking van SAUK-joernaliste wat dit teengestaan het.

Die vakbond Solidariteit wat die saak voor die Arbeidshof gebring het sê hulle sal nou ʼn uitvoeringslasbrief op Motsoeneng laat bedien vir die beslaglegging van sy bates.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This