Moyane kla oor beledigings en onreg

Moyane kla oor beledigings en onreg

Die geskorste kommissaris van die SAID, Tom Moyane, se prokureur, Eric
Mabuza, sê sy kliënt het die afgelope drie maande gebukkend gegaan onder
onregverdigheid en onreg, insluitend mondelinge beledigings.

Moyane is haaks met president Cyril Ramaphosa wat aandring op twee afsonderlike ondersoeke waarby Moyane betrek word.

Mabuza het vandag tydens ʼn media-inlingsessie in Johannesburg gesê hulle is aangenaam verras oor ʼn brief wat vanaf Ramaphosa ontvang is, wat hy as die handhawing van redelikheid bestempel.

Mabuza sê Moyane se stilswye moet nie verwar word met lafhartigheid of skulderkenning nie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This