Mpumalanga: Eskom sny krag af

"Eskom-direksie moet bedank of afgedank word"

Eskom het begin om die kragtoevoer af te sny na munisipaliteite in
Mpumalanga wat sukkel om hulle skuld te betaal.

‘n Aantal munisipaliteite skuld die kragverskaffer miljoene rand.

Die Thaba Chweu-munisipaliteit in Mashishing, voorheen Lydenburg, ervaar kragonderbrekings sedert die begin van die week.

Die munisipale bestuurder, Thoko wa Kgwale, sê hulle skuld Eskom meer as R380 miljoen.

Kgwale sê hulle het met Eskom ooreengekom om R50 miljoen te betaal, maar die kragverskaffer het steeds voortgegaan met beurtkrag.

Hy het inwoners gevra om dringend vir hulle dienste te betaal.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This