Munisipaliteit in Vrystaat onder administrasie geplaas

Die beleërde Maluti a Phofung-munisipaliteit in die Vrystaat is onder
administrasie geplaas.

Die besluit is by die beraad van die Vrystaatse bestuurskomitee in Bloemfontein geneem.

Gewelddadige betogings vind al die afgelope twee weke plaas in die munisipale gebied wat Harrismith, Qwaqwa en Kestell insluit.

Die gemeenskap eis beter dienste, soos deurlopende krag- en watertoevoer.

Hulle eis ook dat die burgemeester, Vusi Tshabalala bedank.

Die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Sisi Ntombela sê Tshabalala se magte is ook van hom weggeneem.

Ntombela sê al die bewerings oor die munisipaliteit sal ook ondersoek word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé