MUNISIPALITEITE SAL SELF BESLUIT OOR BEURTWATER

MUNISIPALITEITE SAL SELF BESLUIT OOR BEURTWATER

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede sê beurtwater sal deur Vrystaatse munisipaliteite self ingestel word wanneer dit nodig word.

Olly Mlamleli sê egter streng waterbeperkings geld regdeur die provinsie.

Netwerk24 berig die provinsiale regering het al die Vrystaatse munisipaliteite reeds skriftelik versoek om waterbesparingsmaatreëls in te stel.

Die Vrystaatse LUR vir landbou, Oupa Khoabane, het intussen gesê altesaam 3 600 Vrystaatse boere het reeds om droogtehulp aansoek gedoen en R39 miljoen is hiervoor verkry.

Volgens die hoof van beplanning, regering en strategiese infrastruktuur van die Vrystaatse regering, Thuso Ramaema, word daagliks gemonitor omdat vroeër gesê is die provinsie het vir minder as 30 dae water.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "MUNISIPALITEITE SAL SELF BESLUIT OOR BEURTWATER"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This