‘n Jaar later en Bloemfontein se stadsaal brand weer

‘n Jaar later en Bloemfontein se stadsaal brand weer

Skaars ‘n jaar nadat die stadsaal in Bloemfontein deur betogers in ‘n brand
verwoes is, het nog ‘n brand Maandagmiddag aan die oostekant van dié gebou uitgebreek.

Netwerk24 berig daar word deur sommige amptenare gegis die brand is deur gegriefde munisipale werkers gestig wat glo sukkel om hul salarisse te kry omdat die metro se internettoegang al twee weke lank onklaar is.

Amptenare se produksievlak het glo tot onder 20% gedaal. ’n Munisipale amptenaar wat anoniem wil bly, sê hy was geskok toe die brand geblus moes word en al die brandblussers in die gebou is dolleeg en die brandslang het ook nie water in nie.

Die vuur is later deur die brandweer geblus.

Qondile Khedama, hoofbestuurder van kommunikasie in die metro, sê werknemers sal betyds betaal word.

Volgens Khedama glo hulle dat bosslapers eerder as gegriefde werkers die brand gestig het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé