Nasionale tesourie gryp in by Mangaung-metro

Mangaung munisipaliteit gaan Huishoudelike Reisopname onderneem

Die nasionale tesourie het ingegryp by die Mangaung-metro.

Netwerk24 berig lede van die tesourie is tans in die Rosestad om samesprekings met die sukkellende metro te voer en hom sodoende uit sy finansiële verknorsing te probeer kry.

Volgens die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, wil die nasionale tesourie sien dat die metro R800 miljoen op sy begroting bespaar.

Deel van die herstelplan is ook om agterstallige dienslewering in te haal.

Daarvoor is reeds twee riool-suigmasjiene sowel as agt bykomende voertuie gekoop, wat insluit vullis-kompakteerders sodat verwydering meer gereeld kan plaasvind.

Dit volg nadat die DA vroeër aangedui het dat hy die metro by die relevante owerhede gaan verkla nadat dienslewering op groot skaal agteruit gegaan het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This