Neelsie-studentesentrum deur betogers gevandaliseer

Neelsie-studentesentrum deur betogers gevandaliseerStudente vasgekeer in die sentrum.

Dit was gistermiddag die Neelsie-­studentesentrum op Stellenbosch se beurt om deur te loop toe betogers die sentrum binnegestorm en dit gevandaliseer het.

Die betogers wat duidelik nie honger was nie, het van die restaurant se kos op die vloer gegooi en is na buite waar hulle al singende hul betoging voortgesit het.

Betogers het Donderdagaand ’n Woordfees diskoers tussen die rektors van die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad ontwrig en die sprekers verjaag.

 

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This