‘NET 30 DAE SE WATER OOR VIR VS’ – ACE MAGASHULE

'NET 30 DAE SE WATER OOR VIR VS' - ACE MAGASHULE

Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het ’n beroep op alle inwoners, sakelui, nyweraars en boere gedoen om water uiters spaarsamig te gebruik, omdat daar nog net water vir 30 dae is.

Sy woordvoerder, Pulane Tsupane, sê in ‘n verklaring die provinsiale regering is bewus van die uitdagings wat 20 van die 24 Vrystaatse munisipaliteite, ingesluit die Mangaung-metro, het om water volhoubaar te lewer.

Sy sê ook die premier gaan die allerstrengste waterbesparingsmaatreëls afkondig om waterbronne te beskerm.

Die polisie se hulp is ook ingeroep om toe te sien dat mense aan die beperkings gehoor gee.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This