Ngcobo-skietery: 6 in die hof

Ngcobo-skietery: Nóg 'n verdagte is in hegtenis geneemFoto: EWN

Ses verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval op die Ngcobo-polisiestasie waarin vyf polisiebeamptes en ‘n weermaglid doodgeskiet is, sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ngcobo verskyn.

Die verdagtes het verlede week in die hof verskyn.

Drie van die verdagtes het aangedui dat hulle om borgtog gaan aansoek doen, terwyl die ander drie nie vir borgtog wil vra nie.

Hulle inhegtenisneming volg nadat die polisie twee weke gelede op die Mancoba Seven Angels-kerk toegeslaan en sewe verdagtes doodgeskiet het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This