Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nog goeie reën dié week met fratsvloede wat plek-plek kan voorkom.
‘n Senior voorspeller, Jan Vermeulen, sê daar is ‘n hoëdrukstelsel noordoos van die land en verspreide buie en donderbuie kan oor die oostelike en noordoostelike dele van die land verwag word.
Teen Woensdag kan tropiese weer vanaf Botswana oor die sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika inbeweeg met ‘n 60% tot 80% kans op reën van tot 50 millimeter in sommige dele.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.