Nog munisipaliteite in VS sal kragonderbrekings ondervind

Nog munisipaliteite in die Vrystaat sal voortaan elke dag kragonderbrekings
ondervind omdat hulle astronomiese bedrae aan Eskom skuld.

Netwerk24 berig die kragvoorsiener het bevestig dat elektrisiteitstoevoer na Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux, Clarens, Fouriesburg) en Nala (Bothaville, Wesselsbron) nou ook tussen ses-uur en agt-uur soggens en vyf-uur en half-agt saans op weekdae afgeskakel word.

Die Masilonyana-munisipaliteit (Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei), het intussen ‘n afbetalingsooreenkoms met Eskom bereik, wat
beteken hul krag bly vir eers aangeskakel.

Langer kragonderbrekings van tot 14 uur per dag is steeds moontlik vir Tokologo (Dealesville, Boshof en Hertzogville).

Inwoners van die Matjhabeng-munisipaliteit, wat die Vrystaatse Goudveld bedien, en die Maluti-aPhofung-munisipaliteit, wat Harrismith, Kestell en Phuthaditjhaba bedien, sal op 23 Maart begin onderbrekings ervaar indien ’n ooreenkoms nie betyds bereik kan word nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This