Nog ‘n hittegolf tref SA vandag

Rosestad 100.6 Nuus hiitegolf

Nog ’n hittegolf tref dele van die Vrystaat, Noord­Kaap, Noordwes, Gauteng en KwaZulu­Natal vandag.

Volgens die Suid­Afrikaanse Weerdiens gaan dit veral in Noordwes bloedig warm wees met temperature van tot 42 °Celsius.

Op plekke in Gauteng kan temperature 39 °C bereik en in die Vrystaat en KwaZulu­Natal 37 °C.

In Upington is die voorspelling ‘n maksimum van 39 grade.

Erge donderstorms word vir dele van Gauteng voorspel.

Volgens die weerdiens sal temperature eers teen Maandag begin daal.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Nog ‘n hittegolf tref SA vandag"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This