Nog ‘n koöperatiewe bank ontvang sy lisensie

RESERWEBANK HET VERSLAG OOR ABSA

Die Reserwebank het ‘n lisensie aan nog ‘n koöperatiewe bank toegeken – die
derde van sy soort in die land.

Die Ziphakamise spaar- en kredietkoöperasie van Richardsbaai aan die noordkus van KwaZulu-Natal het gister sy lisensie ontvang.

Werknemers van die masjinerie-vervaardiger Bell was die bank se eerste kliënte, maar hy bedien tans ‘n groot deel van die Umhlatuze-munisipaliteit.

Die Reserwebank sê Ziphakamise het getoon dat hy genoeg menslike, finansiële en bedryfshulpbronne het om as ‘n bank sake te doen.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This