Noodwaterplan: organiseerders, vrywilligers gevra om bydraes te lewer

Grootskaalse wateronderbrekings vir Bloemfontein

Die Kaapstadse metro het organiseerders en vrywilligers gevra om bydraes te
lewer as deel van die noodwaterplan wanneer krane in Mei sou droogloop.

Die burgemeesterkomitedelid vir veiligheid, JP Smith sê hulle berei hulle vir die eerste moontlikheid voor al is Dag Zero tot 11 Mei uitgestel.

Smith sê hulle het gemeenskapsorganisasies gevra om kwesbare gebiede te indentifiseer en samesprekings oor gebeurlikheidsplanne te voer.

Hy sê die plan vir vrywilligers is om die boodskap oor te dra hoe belangrik waterbespaings is en om gereed te wees wanneer waterpunte beskikbaar gestel sal word.

Smith sê organisasies wat bereid is om te help moet hulself registreer.

Die aansoekvorms is op Kaapstad se webblad beskikbaar.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé