Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, sê sy land se kernwapens moet gereed wees om te eniger tyd gebruik te word.
Die Koreaanse sentrale nuusagentskap berig dat hy aan militêre leiers gesê het dit is nodig, omdat die land se oorlewing deur sy vyande bedreig word.
‘n Woordvoerder van die Pentagon, Bill Urban, het ’n beroep op Noord-Korea gedoen om hom te weerhou van uitdagende optredes en om hom eerder daarop toe te spits om sy internasionale verpligtinge na te kom.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.