Noordwes-Universiteit sê nee vir enkeltaligheid

Noordwes-Universiteit sê nee vir enkeltaligheid

In ‘n tyd waarin Engels as die primere voertaal aan verskeie universiteite in Suid-­Afrika ingelyf word, het die raad van die Noordwes-­Universiteit sy beleid van funksionele veeltaligheid opnuut bevestig.

Volgens Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor van die Potchefstroom-­kampus, behels dié beleid dat die universiteit nee sê vir enkeltaligheid – of dit nou Engels, Afrikaans of watter taal ook al is.

Janse van Rensburg het aan Netwerk24 gesê waar die meerderheid studente Afrikaans verkies, is die primêre onderrigtaal Afrikaans met tolking na behoefte in Engels en Tswana.

Dieselfde prinsiep geld by modules waar die meerderheid studente Engels verkies.

Daar is die primêre onderrigtaal Engels met tolking in Afrikaans en Tswana waar daar behoefte is.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Noordwes-Universiteit sê nee vir enkeltaligheid"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This