Ntlemeza dien aansoek in teen hofbeslissing

Ntlemeza dien aansoek in teen hofbeslissing

Die feit dat Berning Ntlemeza ’n appèlaansoek ingedien het teen die hofbeslissing dat hy nie vir die pos van Valke-hoof geskik is nie, het outomaties die hooggeregshof se bevel in April opgeskort dat hy sy pos moes ontruim.

So het adv. Nceba Dukada, vanoggend in ’n dringende hofaansoek in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer.

Ntlemeza se appèl word op 2 Junie in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor teen die hooggeregshof se beslissing dat hy nie vir die pos geskik is nie.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This