Numsa het nog vereistes al is die bus-staking op ‘n einde

NUMSA OOREENKOMS HET STAKING AFGEWEER

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hoewel die landwye staking deur
busbestuurders beëindig is, moet heelwat sake nog uitgestryk word.

Numsa sê dit sluit in nagskoftoelae en hulpbestuurders vir lang ritte, soos tussen Johannesburg en Kaapstad.

Die vakbond se hoofsekretaris, Irvin Jim, sê as die regering vroeër ingegryp het, kon die partye lankal ‘n ooreenkoms bereik het.

Busmaatskappye en vakbonde het gistermiddag ‘n ooreenkoms onderteken ingevolge waarvan busbestuurders ‘n salarisverhoging van 9% vir die eerste jaar en 8% vir volgende jaar sal ontvang, terugwerkend tot 1 April.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This