Numsa sê Sibanye-Stillwater se Beatrix-myn moet gesluit bly

Numsa sê Sibanye-Stillwater se Beatrix-myn moet gesluit bly

Die Nasionale Unie van Mynwerkers van Suid-Afrika sê Sibanye-Stillwater se Beatrix-myn in die Vrystaat moet gesluit bly totdat die werkers se veiligheid gewaarborg kan word.

Dit volg nadat ʼn kragonderbreking meer as 900 werkers ondergrond vasgekeer het.

Die mynwerkers is vanoggend almal gered.

Numsa-woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê dis duidelik dat die mynbedryf in die land eerder winste najaag voordat daar omgesien word na die welsyn en veiligheid van die werkers.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This